Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
popstront s.nw. [geen meervoud] (plat)
1 iets van minderwaardige gehalte, wat maklik breek of beskadig word: › ’n Ligte “doef” en die skade is sigbaar aan die linkerkant op die kar, gemaak van popstront (Elsabé Brits, Facebook, 4 Maart 2020).
2 dwase of gekke gedagte, idee, opvatting of uiting: › My ouma net nooit gevloek nie, maar die een woord wat sy gebruik het was popstront. En as ek die waninligting sien van die afgelope 18 maande dan dink ek aan haar, en ja, watter popstront (Elsabé Brits, Facebook, 15 Julie 2021).
◌ SINONIEM(E): bog | kaf | onsin
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
por
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
prebioties
prebiotika
prebiotikum
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie