Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
pot1 s.nw. | potte |
UITDRUKKING(S):
♦ vir die pot
1 om as voedsel te dien: › Wanneer hy ’n bok vir die pot skiet, maak hy self die biltong (Huisgenoot, 18 Augustus 2016).
2 (t.o.v. blomme) om vir ’n blompot of vaas gepluk te word: › Breek ’n paar syknoppe af, maar los van hulle, dan het jy kleur in jou tuin én snyblomme vir die pot (Tuis, Oktober 2015).
♦ een vir die pot of enetjie vir die pot gesê van ’n dier wat gejag word om dit te gaan eet: › Hoewel niemand ’n tarentaal sal wil skiet vir ’n trofee nie, sal dit ’n jagter R30 kos om een vir die pot te skiet (Die Burger, 26 Oktober 1989).
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
por
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
prebioties
prebiotika
prebiotikum
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie
Pride
Pride-maand
priemkebab
prikpouse
prikwater
probioties
probiotika