Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

RICA Ook Rica


afk. [Engelse verkorting van Regulation of Interception of Communications and Provision of Communication-related Information Act] Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting: Rica vereis dat Suid-Afrikaners ’n bewys van identiteit en woonadres moet verskaf wanneer hulle ’n nuwe selfoon-SIM-kaart aanskaf. Die wet is oorspronklik ingestel om kommunikasie tussen georganiseerde misdadigers te bemoeilik. Ingevolge die wet kan kommunikasie tussen vermeende misdadigers onderskep word en kan die gekoppelde inligting gebruik word om die misdadigers te identifiseer (Llwellyn Prince, Netwerk24, 4 Febr. 2021). Die Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie (Rica) verbied die meeste onderskeppings, maar verplig ook selfoongebruikers om persoonlike inligting vir ’n databasis te verskaf (Suzanne Venter, Rapport, 27 September 2020).


rica ww. | het gerica | [met kleinletter] (informeel) Ingevolge die Rica-wet (laat) registreer: ’n SIM-kaart rica In een geval het die winkeleienaar gesê sy internet is “van lyn af” en dat die SIM-kaart nie geregistreer kan word ingevolge die wet nie. Toe Rapport by die vier ander winkeis aanbied om stawende dokumente ingevolge Rica te verskaf, was die antwoord dat die SIM-kaart “vooraf ge-rica” is. Dit is natuurlik onmoontlik (Liesl Peyper, Rapport, 9 Julie 2023). Hy moet onthou om daai foon by haar te kry. Die een wat sy weke gelede by die Somaliese winkel gekoop het en wat nie gerica is nie. Dit is nie op haar naam geregistreer nie (Charné Kemp, Moord op Pofadder, 2022).



samestelling(s):
Rica-wet: Ingevolge die Rica-wet moet Suid-Afrikaners wat SIM-kaarte koop ’n bewys van hul woonadres en identiteit verskaf (Liesl Peyper, Rapport, 9 Julie 2023).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther