Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
vas
♦ ww. | het gevas | ’n ruk nie eet en/of drink nie
♦ s.nw.
› onderbroke vas skedulering van maaltye wat voorsiening maak vir periodes van vrywillige vas of verminderde kalorie-inname tussen etes: › Wat is onderbroke vas? Dit is ’n eetplan wat wissel tussen tye waarin jy moet vas en tye waarin jy mag eet. Dit gaan nie soseer oor wát jy eet nie, maar wanneer. Dis dalk net waarom dit so gewild is (Werner Wippenaar, Netwerk24, 4 Junie 2021). › Volgens die internasionale kosinligtingskomitee [...] is 43% van Amerikaners nou besig om ’n tipe vaspatroon te volg. Dit maak onderbroke vas nou die grootste tipe dieetplan ter wêreld. Daar is verskillende metodes van onderbroke vas en dit word alles deur middel van die app verduidelik. Jy kan dus kies watter een by jou leefstyl pas (Werner Wippenaar, Netwerk24, 4 Junie 2021). › Sommige navorsing toon dat onderbroke vas kan help met gewigsverlies én om kardiovaskulêre siekte te voorkom, maar [...] dié dieet is nie vir almal nie (Maroela Media, 30 April 2021). ◌ ENGELS: intermittent fasting | intermittent energy restriction
samestellings:
onderbroke-vas-dieet
onderbroke-vas-program
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
vaksinasieweieraar
validisme
valsgatheid
vanielje=
vanilla=
variantland
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganisme
veganisties
veksilologie
veld-a-a
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
veranderie
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
vergelykend
vergroente
verkeersligkind