Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
viraal b.nw. | virale |
1 van, wat verband hou met, of wat veroorsaak word deur ’n virus: › [Die geskiedenisprofessor] sê die geskiedenis van pandemies wys dat as dit eers verskyn, dit selde heeltemal verdwyn – of dit bakteries, viraal of parasities van aard is (Netwerk24, 22 Oktober 2020). › Die verskille tussen die ou en die nuwe virus sluit 23 mutasies in die virus se genetiese kode in wat vier virale proteïene verander het (David Kennedy, Netwerk24, 24 Desember 2020).
◌ ENGELS: viral
› virale lading hoeveelheid meetbare virusse in ’n standaardvolume van ’n stof, gewoonlik bloed of plasma: › Ouer kinders se virale lading is hoër (Rapport, 13 Desember 2020). › Sodra die bevolkinggrootte binne die opvangsgebied van die [afloopwaterbehandelings]aanleg bepaal is, kan die totale virale lading bereken word met ’n taamlike mate van noukeurigheid (Gerrit Bezuidenhout, Landbouweekblad, 10 Julie 2020).
◌ ENGELS: viral load
2 (via Engels) wat vinnig en wyd versprei of gewild raak, veral deur middel van sosiale media: › Die virale twee minute word binne die eerste 24 uur 1,3 miljoen keer gekyk (Willem Anker, Skepsel, 2020).
◌ ENGELS: viral
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid