Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

agitprop s.nw. [sametrekking van agitasie en propaganda] [versamelnaam] kuns, letterkunde, musiek, plakkate, en dergelike, wat geskep word om vir ’n bepaalde beskouing of optrede propaganda te maak: Ekologie en letterkunde is ’n studieveld wat toe­nemend aandag kry. Kommer vind neerslag in die kunste. Hopelik geen agitprop of plakkaatkuns nie, maar komplekse dinge (Beeld, 2 Julie 2012). [Die teaters] sukkel om hul sosiaal bewuste programmering aan te pas vir gehore wat moeg geword het van wat hulle as agitprop oftewel propagandadramas ervaar (Die Burger, 13 April 1993).

samestellings:
agitpropmusikant: So word sanatoriums, soos Los Cocos in die buitewyke van Havana, die teelaarde vir ’n antikommunistiese teenrevolusie onder leiding van agitprop-musikante soos die sogenaamde grootmoeder van Kubaanse rock, María Gattorno (Rapport, 5 Desember 2016).
agitproppamflet: Nietemin het Johan van Wyk en Elza Miles ’n aantal agitprop-pamflette met poësie en tekeninge die lig laat sien, waarvan die meeste terstond verbode verklaar is deur die destydse sensors (Die Burger, 17 Julie 2000).
agitpropteater: Maar daar was ’n geweldige opbloei in agitpropteater, proteskuns en -musiek gedurende dié tyd, en baie Suid-Afrikaners het gevoel ’n algemene boikot op kultuuraktiwiteite sou teenproduktief vir die struggle wees (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther