Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

akhni s.nw. [geen meervoud] (Kaaps-Maleis, Indies, kookkuns)Ook akni tradisionele (hoender)kerrie-en-rys-gereg, soortgelyk aan brijani: Yasmin het haar getroue akhni (’n kerrie-en-hoender-gereg) voorgesit en Sharmilah het ’n bloedrooi kreefkerrie vir die jaarlikse familiemiddagete gemaak om die einde van die maand lange vas te vier (Netwerk24, 30 Julie 2016). My erfenis lê nie, soos my vriendin s’n, in die uitsien na ’n bord akhni van een van haar Moslem-vriende nie. (Sy meen dié gereg is glad nie geel nie – “baie mense oordoen dit met die borrie”.) En die lensies word minimaal gebruik. Akhni kry ook, anders as brijani, groot gesnyde aartappels én gekookte, gehalveerde eiers (Michelle Linnert, Netwerk24, 26 September 2014). Die vroue [...] het aan die werk gespring en die pot hoender-akni aan die publiek voor die winkel en in die informele nedersetting uitgedeel (TygerBurger, 22 Julie 2020).

  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther