Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Let wel
Airbnb s.nw. (handelsnaam)
1 [geen meervoud] aanlyn onderneming wat in die bespreking en verhuring van privaat akkommodasie spesialiseer: › ’n Platform soos Airbnb het dit vir sowel verhuurders as huiseienaars moontlik gemaak om ’n inkomste te verdien deur regstreeks met gaste te skakel wat na gemaklike verblyf oor die land heen op soek is (Netwerk24, 11 September 2020). › Die bekende verblyfplatform Airbnb stel die volgende op sy webblad voor: Maak vooraf seker wat die tariewe is [...] Maak seker om kontakbesonderhede van verhuurders te kry (Weslander, 8 Februarie 2021). › Van Airbnb tot Walmart het korporatiewe Amerika sy geldsteun onttrek aan Republikeinse kongreslede wat weier om Biden as president te erken (Egomt Sippel, Rapport, 7 Februarie 2021). › Die tien snels groeiende plekke in Suid-Afrika waar huiseienaars slaapplek op Airbnb aanbied, is Kaapstad, Johannesburg, Knysna, Durban, Mosselbaai, Port Elizabeth, Port Shepstone, Pretoria, Robertson en Saldanha (Tuis, Februarie 2017).
2 | airbnb’s | [ook met ’n kleinletter] ’n kamer in iemand se huis of ’n ander privaat verblyfplek wat via Airbnb verhuur word, of gehuur is: › Dit is vroeg Januarie. Schalk sit in ’n airbnb in Umhlanga. Bennie is by familie in Durbanville (Netwerk24, 27 Januarie 2021). › Die eerste stap wat jy moet neem wanneer jy dit oorweeg om ’n Airbnb te begin, is om navorsing oor jou omgewing te doen (Rooi Rose, 18 Januarie 2018). › Airbnb’s kry weer gaste, maar nie noodwendig in SA (Netwerk24, 16 Julie 2020 – opskrif). ◌ ENGELS: Airbnb | airbnb
samestellings:
Airbnb-gas
Airbnb-verblyf
Airbnb-verhuring
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskafkultuur
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alkaliese hidrolise
alles
almal