Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
noösfeer s.nw. [geen meervoud] sfeer van menslike bewussyn en verstandelike aktiwiteit, die domein van idees en die invloed daarvan op die biosfeer: › Die term noösfeer is die eerste keer genoem deur Teilhard de Chardin, maar het sy eintlike oorsprong in die Griekse term nous, wat vertaal kan word as ‘gees’ en/of ‘intelligensie’ van ’n spesiale aard […] heeltemal verskillend van die baie intelligensies wat met die loop van tyd gegenereer is: intelligensie koëffisiënt [IK], emosionele intelligensie, kunsmatige intelligensie, ens.. Dít is egter ware menslike intelligensie in die volle sin van die woord. Saam met ‘gees’ verwys die woordjie ‘nous’ na die sfeer van gees en geestelikheid, die sfeer van denke en gedagtevolheid, vryheid van die gees, verbeelding, fantasma, dromery, komposisionele of omvattende denke, idees en inventiwiteit […] Die idee van die noösfeer is op ’n heel besondere wyse getematiseer en ontwikkel deur Edgar Morin (1991) in sy fassinerende boek oor idees waarin die terme noösfeer en noölogie die oorheersende terme is. (Carel S. (Fanie) de Beer, “Om digitaal te wees: ’n Waarborg of ’n bedreiging vir die toekoms?”, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 35 (1), a1397, 2016). ◌ ENGELS: noosphere
nie
niebinêr
niekies
NIGSW
nikaab
nikkies
niksisme
Nios
nisboer
nisboerdery
njarra
NK
NLK
NMB
noem
noenoes 1
noenoes 2
noir
NOK
nommer
nomofobie
nonsens-antenna
noölogie
noösfeer
normaal
nottendêm
nottenwiel
NSFAS
NSTF
NT
nuata
nugter
NUK
nul
nuus
nuwetegnologie-mineraal
NVG
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel