Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
neurokognitief b.nw. | neurokognitiewe | (medies) van of wat verband hou met die funksie van bepaalde areas, neurale bane of kortikale netwerke in die brein, wat uiteindelik op sellulêre en molekulêre vlak deur die substraat van die brein se neurologiese matriks bedien word: › neurokognitiewe funksies
◌ ENGELS: neurocognitive
major neurokognitiewe inkorting ’n beduidende afname in uitvoerende funksie, komplekse aandag, taal, leer, geheue, perseptueel-motoriese en/of sosiale kognisie: › In lande waar bystanddood wettig is, het die frase vir ’n lewe wat kortgeknip word voordat die spreekwoordelike koets in ’n pampoen verander “vyf voor middernag” geword: Net soos Aspoestertjie, wil die meeste tot die laaste minuut wag om die bal te verlaat – maar in die geval van major neurokognitiewe inkorting (demensie) kan dit te laat wees (Willemien Brümmer, Netwerk24, 12 Desember 2024).
◌ SINONIEM(E): demensie
major neurokognitiewe steuring saambreelterm vir verskillende versteurings wat gekenmerk word deur ’n beduidende afname in ten minste een van die domeine van kognisie wat uitvoerende funksie, komplekse aandag, taal, leer, geheue, perseptueel-motoriese of sosiale kognisie insluit: › Oor die aardbol heen is daar elke jaar meer as 10 miljoen nuwe gevalle van major neurokognitiewe steuring (Willemien Brümmer, Netwerk24, 13 Desember 2023). › Anders as wat baie mense dink, het almai wat aan demensie ly nie alzheimers nie. Daar is oor ’n honderd verskillende soorte siektes en beserings wat aanleiding kan gee tot major neurokognitiewe steuring, waarvan alzheimers wêreldwyd die algemeenste is. Ander algemene oorsake is vaskulêre demensie en demensie met Lewy-liggaampies en
frontotemporale demensie (Willemien Brümmer, Netwerk24, 12 Desember 2023).
◌ SINONIEM(E): (informeel) die Groot Vergeet
◌ ENGELS: major neurocognitive disorder
nanosatelliet
nargileh
narrie
nataal
natalis
natalisme
natalisties
natuuramnesie
nawete
NDOV
Necsa
Nedlac
neerslet
neksus
nemma
neologie
neoviralisme
Nersa
nestor
net
neurogiditeit
neurografies
neurokognisie
neurokognitief
neurolinguistiek
neuroplastisiteit
neusopslag
neweskade
NFC
NFHS
NFT
NGLD
NGV
NHLS
nie
niebinêr
niekies
NIGSW
nikaab
nikkies
niksisme
Nios
nisboer
nisboerdery
njarra
NK
NLK