Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Let wel
Teflon= woorddeel [ook met ’n kleinletter] (handelsnaam)
1 van Teflon gemaak of daarmee bedek: › Teflonkastrol › Teflonpan › Hy het ’n 30 x 2 mm-hoekyster gebruik waarop die laaie op Teflonstroke sal skuif (Weg, 6 Februarie 2019). → Teflon
2 (figuurlik) waarop of op wie niemand ’n greep/houvas kan kry nie; moeilik om vas te vat; moeilik om te vang: › Hy het ’n ellelange geskiedenis van inhegtenisnemings en hofsake, maar is die meester van die “teruggetrekte saak” – ’n Teflonmisdadiger (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). › Jones van die CBS Evening News ... meen [die Republikeinse presidentskandidaat Steve] Forbes is baie soos oudpres. Reagan, wat as die “Teflon-president” bekend gestaan het. Forbes is so onaantasbaar dat nie eens die kritiek op sy negatiewe TV-advertensieveldtog ’n invloed op sy gewildheid het nie. “Dit lyk of hy met ’n Teflon-laag bedek is,” sê hy (Die Burger, 14 Februarie 1996). › Omdat die FBI in die hof misluk het om misdade aan die vyftigjarige [John] Gotti (wat as die “enigste oorblywende werklike Mafia-Don” beskou is) vas te knoop, word hy die “Teflon-Don” genoem, ’n verwysing na die handelsnaam van ’n braaipan waaraan kos op die stoof nie kan vassit nie (Beeld, 30 Junie 1991). ◌ SINONIEM(E): glibberig ◌ ENGELS: Teflon
ta
taal
tadjien
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
tamale
tanatofobie
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tatie
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnoreus
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
teleurgang
tengersorg
tepel
terima kasih
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer