Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
Ramaphorie s.nw. [geen meervoud] ◌ Ook Ramaforie ◌ verwagting dat korrupsie vasgevat en vorige agteruitgang op verskeie vlakke in Suid-Afrika geleidelik omgekeer sou word ná die aanstelling van Cyril Ramaphosa as president in 2018: › Maar hoe lank gaan hierdie Ramaphorie voortduur? (Maroela Media, 17 Mei 2019). › Die breë verwagting dat ’n goeie vertoning deur die ANC in die Mei-verkiesing tot ’n herlewing van Ramaphorie sou lei […] is nou in die modder van faksiepolitiek vertrap (Max du Preez, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). › En nou sien ons dinge eindelik vir wat dit werklik is in plaas van wat ons wil hê dit moet wees. En dis maar goor. Ramaforie het Ramagorie geword (Koos Kombuis, Netwerk24, 12 Augustus 2022). ◌ ENGELS: Ramaphoria
oorsprong:
Kombinasie van Ramaphosa en euforie.
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie