Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
woerts (informeel)
♦ bw. rats; vinnig; gou: › Hoe is dit dan deesdae met jou en Blommetjie saam? Jy het dan altyd sommer woerts-warts ’n vol emmer uit haar gemelk gekry ... en nou kom jy soggens met net ’n ou halwe emmertjie skuim hier aangesukkel (Pieter Strauss, Tussen kokerboom en kaiingklip, 2006).
♦ ww. | het gewoerts | vinnig beweeg: › Klik-klik, klik-klik woerts ant Martjie se breipenne heen en weer (Huisgenoot, 28 Januarie 2016). › “Gaat je wel,” sê hy – en woerts uit by die deur (Tuis, Julie 2015). › Die batteryaangedrewe rolstoel kom straataf gewoerts (Huisgenoot, 23 Junie 2011). ◊ (ook figuurlik): › Sy woerts tussen Johannesburg en Kaapstad (Sarie, Maart 2015). › Met vorige besoeke het ons maar vinnig met die N2 huiswaarts of noordwaarts gewoerts (Die Burger, 23 Junie 2003).
♦ tussenwerpsel uitroep of kommentaar wat aandui dat iets vinnig gedoen word of vinnig gebeur: › Kleuters beweeg verbasend vinnig met daai krom beentjies. Een oomblik is hulle langs jou ... en woerts! is hulle weg (Weg, Januarie 2017).
◌ ENGELS: whoosh
samestelling(s):
woertsbesoek: › Sy is op ’n woertsbesoek aan ons land (Die Burger, 15 Julie 1992).
wiebelganger
wieg
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus