Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
web s.nw. (rekenaar, internet)
› diep web ongeïndekseerde dele van die Wêreldwye Web, wat nie met gewone soekenjins vindbaar is nie, omdat dit geënkripteer of deur middel van wagwoorde beveilig is: › Die diep web verwys na alles op die wêreldwye web wat nie deur soekenjins geïndekseer of deursoek kan word nie. […] Dit sluit onder meer ook in databasisse, forums waarvoor registrasie nodig is en ander kommunikasie wat nie deur soekenjins nagespoor word nie. Na raming word net sowat 4% van alle internetblaaie deur soekenjins geïndekseer, wat beteken die res is alles deel van die diep web (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Die diep web [is] die laag net onder die oppervlakinternet, wat deur soekenjins soos Google, Firefox en Chrome deursoek kan word. Die diep web – wat die donker web verdwerg – bestaan uit groot databasisse, akademiese tydskrifte en webtuistes net vir lede, soos aanlyn bankdienste (Finweek, 2 November 2017).
◌ SINONIEM(E): onsigbare web | verskuilde web
◌ ENGELS: deep web
› donker web ongeïndekseerde dele van die Wêreldwye Web waartoe toegang verkry kan word slegs deur middel van spesiale sagteware wat verseker dat gebruikers anoniem bly en nie opgespoor kan word nie: › Ontspan, jy gaan nie sommer per ongeluk in die donker web beland nie. Die kinderpornograwe, dwelmhandelaars, identiteitsdiewe, mensvleis-eters, huurmoordenaars, slawehandelaars, wapenhandelaars, vriende van Jeffrey Epstein en ander van die wêreld se onguurste karakters verwelkom nie maklik nuwelinge in hul onderskeie hoekies van die web nie – jy moet daar wíl wees, jy moet die regte programmatuur hê en jy moet weet presies waar om te soek (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Die donker web is net ’n klein deeltjie van die diep web. Anders gestel: Alles wat donker is, is diep ook, maar alles wat diep is, is nie donker nie. En die meeste van wat boos is, is donker, maar nie alles wat donker óf diep is, is boos nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). › Die donker web bevat hoofsaaklik wettige, selfs alledaagse, inhoud. Die afdelings wat nie wettig is nie, word oorheers deur dwelms, bedrog en kombinasies van onwettige aktiwiteite – hoofsaaklik die donkerwebmarkte (Finweek, 2 November 2017). › Die donker web is oorspronklik in die 1990’s deur die Amerikaanse vloot ontwikkel, en militêre, staats- en wetstoepassingsagentskappe is steeds onder sy hoofgebruikers (Finweek, 2 November 2017).
◌ ENGELS: dark web
KYK OOK:
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp
watersommelier
waterstof
waterverassing
watsenaam
wattie
wawiel
WDF
web
webblaaigeskiedenis
webbladikoon
webkruiper
webkruiping
weerhaan
weeskliënt
weggooikultuur
weghol-wipwa
wêla-kapêla
welbeloontjie
welstandsduur
welstandsekonomie
welstandsekonoom
Wêreldolifantdag
werfeier
werfhoender
werkisme
werklikheid
werklikheidsverlater
Westeloosheid
wetenskapsfiksie
whaktoe