Bygewerk op 2 Julie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

hutsmerk s.nw. | hutsmerke | [soms verkort tot huts] (sosiale media)Ook hutsmerker, hutsteken die skryfteken #, in die sosiale media gebruik voor sleutelwoorde wat met ’n bepaalde onderwerp verband hou om met behulp van dié hutsetiket ander plasings oor dieselfde onderwerp maklik te kan vind: Onder die hutsmerk #HolaMatamela het Ramaphosa Maandagaand ’n regstreekse gesprek op Twitter gehad waarin hy vrae van gewone mense beantwoord het (Philda Essop, Netwerk24, 16 April 2019). In ’n uitspraak wat hy … gelewer het oor ’n klag deur ’n verbruiker, sê die ARB nou dat bekendes hutsmerke móét gebruik om aan te dui of hulle betaal word om [’n produk of diens] te bemark (Elvira Wood, Netwerk24, 5 Julie 2019). Die maklikste manier om Twitter te navigeer is om hutsmerke soos padtekens te gebruik. As jy op ’n hutsmerk soos byvoorbeeld #skommel klik, verskyn ’n string tweets van mense wat in Afrikaans met die manlike geslagsdeel spog (André-Pierre du Plessis, Vrye Weekblad, 22 Mei 2020).ENGELS: hash | hash symbol

  Monumente: ’n herinnering en ’n waarskuwing (rubriek) | Hot en haar (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther