Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
geselsbot s.nw. | geselsbotte | [verkorting van geselsrobot] (internet) program wat kunsmatige intelligensie gebruik om gesprekke met menslike gebruikers te simuleer, veral via die internet: › Ander maatskappye probeer jou van die spoor af gooi met die sogenaamde ChatBot, ’n stukkie kunsmatige intelligensie wat veronderstel is om jou unieke probleem op ’n geselskanaal op te los. Ek moet nog iemand ontmoet wie se probleem deur ’n geselsrobot opgelos is (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 4 November 2022). › ’n Aanlyn geselsbot is ’n emosioneel intelligente stem sonder ’n liggaam. › 'n Verslaggewer […] knoop onlangs met Xiao Ice, ofte wel Klein Ysie, ’n roerende gesprek aan. Ysie is Microsoft se nuwe Chineessprekende geselsbot. Sy is ook ’n liefdesbot, ’n aanlyn robot as hartsvriendin (Etienne Britz, Netwerk24, 19 September 2015). › ’n Voorbeeld is die groeiende aantal geselsrobotte wat maatskappye op hul webwerf begin gebruik om ’n gebruiker met ’n probleem (of diagnose) te probeer help. Die gebruiker moet duidelik ingelig word dat die gesprek met ’n rekenaar is en nie met ’n mens nie (Basie von Solms, Netwerk24, 27 Mei 2021).
◌ SINONIEM(E): kletsbot
◌ ENGELS: chatbot
KYK OOK: ChatGPT
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters