Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
geoskattejag s.nw. | geoskattejagte | Spel waarin iemand ’n waterdigte pakkie met ’n voorwerp en ’n logboek daarin op ’n geheime plek versteek en dan die GPS-koördinate op ’n geoskattejagwebblad publiseer. Ander spelers, gewapen met ’n GPS-toestel, kan dan die “skat” gaan soek en terselfdertyd die natuur of ander besienswaardighede in die gebied verken. Iemand wat die pakkie vind, skryf sy/haar naam in die boek, ruil die prys vir iets anders en laat die nuwe skat op dieselfde plek: › Kom hierheen vir ’n geoskattejag, bergklim of fietsry (Weg, 18 Desember 2018). › Geoskattejag is in wese ’n skattejag vir grootmense (en kinders, mits grootmense hulle vervoer) (Finweek, 10 Oktober 2013).
◌ SINONIEM(E): GPS-skattejag
◌ ENGELS: geocaching
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde