Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
klikaas s.nw. [geen meervoud] opvallende skakels en/of sensasionele opskrifte en foto’s op webblaaie en in die sosiale media geplaas deur reklamemakers wat die nuuskierigheid van gebruikers probeer prikkel om daarop te klik, en wat die gebruiker dan neem na advertensies met onbetroubare/onakkurate inligting of nuus/artikels van lae/twyfelagtige gehalte: › Toegang tot die internet beteken enigiemand wat tegnologies net effens vaardig is, kan “nuus” skep en dit die kuberruim instuur. Daarom moet die gewone verbruiker bewus wees daarvan dat jy maklik ore aangesit kan word – veral met verleidelike opskrifte as klikaas (Lizette Rabe, Netwerk24, 29 November 2016).
◌ ENGELS: clickbait
samestelling(s):
klikaaswerf: › Verantwoordelike nuusmedia gebruik ook opskrifte en foto’s om jou oor te haal om op ’n storie te klik of na ’n video te kyk, maar klikaas-werwe gaan doelbewus veel verder. Hulle oordryf, hulle mislei, hulle lieg soms blatant, of hulle probeer sensasie skep waar dit nie bestaan nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 8 Mei 2020). › Die groot gevaar is dat klikaas-werwe afbreuk doen aan die algemene geloofwaardigheid van digitale media (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 8 Mei 2020).
◌ ENGELS: clickbait website
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting
kluisterkoekoes
KMO
KMR
knater
knibbeltoring
knielplank
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie
knus
knussie