Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

klimaatwoord s.nw. | klimaatwoorde | woord, veral ’n nuutskepping, wat met die klimaat en klimaatverandering verband hou.
ENGELS: climate word

Oral op drade sit kraaie

Vir die Woordeboek van Afrikaans Vandag fynkam ek gereeld die media. Nes Ton den Boon, eindredakteur van die Nederlandse Dikke Van Dale, taalontwikkelings en -tendense vir sy Taalbank.nl dophou. In dié blog oor taalverandering publiseer hy daagliks ’n woord van die dag. Wanneer nuus hier my bedruk, blaai ek soms soontoe.

Soos dié week. So, hier is paar rekrute. Werf hulle as jy wil, of stuur hulle huis toe.

Terwyl somertemperature vorige rekords laat smelt en nog versengende hitte vir Europa voorspel word, beleef Nederlands ’n ontploffing van klimaatwoorde. In ’n lys wat Den Boon in 2019 begin het, staan al byna 250 nuwe samestellings. Dié maand kan hy nog ’n klompie byvoeg.

Maandag begin blou met klimaattirannie (tirannie: ’n heerskappy gekenmerk deur dade van geweld, onderdrukking, miskenning van regte). Naas samestellings soos klimaatdiktatuur, -despotisme, -terreur maak dié een in Nederlandse dagblaaie sy verskyning uit die mond van Donald Trump, wat aan Nederland se omgeëlliede landbouprodusente, wat volgens hom betoog “teen die klimaattirannie van hul regering”, sy heelhartige steun laat weet.

Klimaattirannie: die oplê van maatreëls deur ’n regering wat as ’n tiran voorgehou word en na bewering die belange van sy burgers verontagsaam. Geregverdigde kritiek? Of ’n klimaatontkenner wat in sweet wat tap uit onskuldige oksels, sy hande was terwyl laafnissoekers braai, strandgangers in krewe verander en teer op paaie, aanloopbane en selfs treinspore smelt?

Ook China smeul. Kommentators daar dra nog ’n woord by: oondstad. Tradisioneel was daar in China vier bakoondstede: Wuhan, Chongqing, Nanchang en Nanjing. Nou is daar tien wat aan die vereistes van ’n oondstad voldoen (kwik wat oor ’n dekade minstens 200 dae bo 35 grade styg); miljoene mense wat voortaan, somer ná somer, na snikhete weerstoestande kan uitsien.

’n Artikel in The Guardian beperk dié voortuitsig ook nie net tot stede in Europa en Asië nie. Oral op drade sit kraaie.

Nog ’n neologisme is hittesluiting: Werkers bly tuis; skole, winkels se deure dig as gevolg van die gevaarlik hoë kweekhuishumiditeit wat die bakoondtemperature vergesel.

Versengend. As voorvoegsel van ’n oorganklike, onskeibare werkwoord waarsku ver- dat die handeling of episode wat volg, vir die voorwerp of ontvanger daarvan ongewenste, negatiewe, slegte gevolge inhou. Die werkwoord seng, van Nederlands zengen, gebruik ons in Afrikaans nie meer so dikwels nie. Seng beteken om ’n oppervlak dor, droog, te maak – totdat dit uiteindelik vlam vat en verseng.

Verskroei. In die klanknabootsende skr- eggo die kras geluid van ’n vuurhoutjie wat geskraap word. Die slotdeel, -oei, wek assosiasies met broei en gloei.

Van die Engelse “act like a cat on a hot tin roof” kom Afrikaans se dans soos ’n kat op ’n warm plaat. Met die klimaatkatastrofe op hande sal die mensdom sy passies moet ken.

Jana Luther
Woordewisseling: Beeld, Die Burger, Netwerk24, 29 Julie 2022 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  

 Nederlandse Klimaatwoordenlijst – saamgestel deur Ton den Boon  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther