Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
koeklik b.nw., bw. | koeklike | koekliker | die koeklikste | (informeel, kwetsend, neerhalend) wat van ’n gebrek aan goeie smaak getuig: › Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie (Kristel Loots, Blom in die hare, 2018). › Mens kan maklik die fout maak om jou koeklikste skoene vir ’n gedenkdiens te kies (Bibi Slippers, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020). › Ek dink hierdie is een van die koeklikste Campers wat ek nog gesien het (Jaco Kotzé, Facebook, 24 Mei 2012).
◌ SINONIEM(E): kommin
◌ ENGELS: common | uncultured
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting
kluisterkoekoes
KMO
KMR
knater
knibbeltoring
knielplank
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie
knus
knussie
knyptang
kodewisseling
koebaai
koebaaikonsert
koebus
koeël
koeklik
koekoes
koel
koeloekoets
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
koltan
kolwadjik
kombês
komboecha
komboetja
kombucha