Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

koebaai tussenwerpsel (via Engels, informeel) tot siens: Dan sê ek maar koebaai (Kuier, 29 Julie 2015).(ook figuurlik): Gooi ’n hele botteltjie lewensessens in twee liter sodawater, drink elke dag ’n halwe glas en sê koebaai vir hoë bloeddruk (Kuier, 15 November 2017). Clarence [...] het vertel hoe iemand destyds vir hom gesê het hy moet ’n loopbaan in radio koebaai sê omdat hy nie goed genoeg is nie (Kuier, 22 Maart 2017). Sê koebaai vir daai simpel prestasie-evaluering! (Finweek, 3 Maart 2016). Terwyl jy kyk hoe die son vir die berg koebaai sê, ry kinders fiets en speel krieket op die groen grasperke (Weg, April 2015).

koebaai(,) Meraai
1
skertsende groet.

2
gesê van iemand of iets waarvan of van wie dit (moontlik) die laaste sien is/was: Die kar het van die impak getol (gelukkig nie gerol nie) en ek is baie dankbaar ek het die veiligheidsgordel aangehad. Anders was dit koebaai, Meraai (Anél Potgieter, Rapport, 30 September 2018). Vir die een wat die veld ná tagtig minute as die verloorder verlaat, kan dit maklik ’n geval van Koebaai Meraai wees wat ’n plek in die halfeindronde van Suid-Afrika se belangrikste bekerkompetisie betref (Die Burger, 6 Augustus 1999). As [die bokser] dié keer weer onfiks en oorgewig deur die toue klim, is dit koebaai Meraai (Beeld, 4 Maart 1999).


oorsprong:
Engels goodbye


samestelling(s):
koebaaidrukkie
koebaaisoen


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther