Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
marakkas s.nw. (informeel) moeilikheid: › Dis elkeen van die agterspelers se taak om hom te help, want man-teen-man gaan Paulse marakkas hê (Beeld, 4 November 1999).
◌ ENGELS: trouble
› marakkas maak moeilikheid maak; nonsens aanvang: › Elke geslag verwag immers heimlik dat die geslag ná hom hom sal skok en selfs groter marakkas maak (Louis de Villiers, Vrye Weekblad, 23 September 2022). › Die akteur wat die slinkse Ty in 7de Laan speel, verlaat die sepie, maar nie voor hy nog ’n hele klompie marakkas maak nie (Huisgenoot, 3 Maart 2016). › Niemand suip of baklei of maak marakkas nie. Dis ’n lekker groep mense (WegRy, Oktober 2015).
makwerekwere
malbaai
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
Mashallah
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME