Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Mashallah (Arabies, Islam) Ook Ma Sha(a) Allah of Masha Allah
♦ tussenwerpsel
1 as die Here wil; as dit die Here se wil is; as dit God behaag.
2 dit was die Here se wil; dit was ’n seën (van God); loof/prys die Here: › Hierdie boek maak Afrikaans groter. Mashallah (Clinton V. du Plessis, 19 Februarie 2024). › Mashallah, my pragtige seuntjie, is vandag gebore. Dit gaan goed met ons albei (Netwerk24, 16 Mei 2018).
♦ b.nw. geseënd: › Omtrent 20 mense in en om Mitchells Plain hettie workshop attend ennit was mashallah om te sien hoeveel mense interested is om ’n memoir te skryf en specifiek details oo hulle liewens oppie page te sit (Tasneem Daniels, LitNet, 20 Februarie 2025). ◊ [ook bw.]: › Muneel (soms Moeniel) Jacobs [...] herrit soe mashallah in sy eie woo’re gesit: “ ’n Koesister issie beste cultural symbol innie hele wêreld. Dissie backbone van enige household in Kaapstad op ’n Sondagoggend. Een happie gie lewe aan ’n hele community wat 400 jaa nou innie Kaap is (Tasneem Daniels, Netwerk24, 15 Februarie 2025).
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
Mashallah
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien