Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
massaskietery s.nw. [geen meervoud] voorval van geweld waartydens ’n skieter binne ’n kort tyd ’n aantal mense doodskiet en/of (ver)wond: › Tussen Junie 2019 en Desember 2021 was daar meer as 400 gevalle van massaskietery in die Wes-Kaap. Altesaam 600 mense is doodgeskiet en meer as ’n 1 000 is gewond. [...] Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) definieer ’n massaskietery as ’n voorval waarin drie of meer mense geskiet word (Chrislynn Sias, Kuier, 3 Junie 2022). › Dodetal in massaskietery by laerskool in Texas styg tot 21 (Netwerk24, 23 Mei 2022). › Colorado in die VSA was vir die tweede keer in twee maande die toneel van ’n massaskietery (Netwerk24, 10 Mei 2021).
◌ SINONIEM(E): massaskietvoorval
◌ ENGELS: mass shooting
manosfeer
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
Mashallah
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien
medikaan
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie