Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
rampokkerstaat s.nw. | rampokkerstate | land of regering wat sterk deur georganiseerde misdaadgroeperings beïnvloed word, of waar misdadige elemente die politieke stelsel tot so ’n mate binnegedring het dat hulle beduidende beheer oor staatsinstellings en -besluitnemingprosesse uitoefen: › In Maart 2023 is dit nie meer net wilde retoriek nie om Suid-Afrika te beskryf as ’n rampokkerstaat; ’n wettelose staat waar georganiseerde misdaad hoogty vier; waar korrupsie van die laagste tot die hoogste vlak van regering geïnstitusionaliseer en endemies is; waar sluipmoorde met politieke en ekonomiese motiewe byna alledaags geword het; waar die rykes vir hulleself moet sorg en die armes krepeer; waar geen burger sy/haar lewe veilig is nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 3 Maart 2023). › Het Suid-Afrika werklik ontaard in ’n rampokkerstaat waar die korruptes en die staatskapers die botoon voer? (Netwerk24, 10 Januarie 2023).
◌ SINONIEM(E): mafiastaat
◌ ENGELS: gangster state
KYK OOK: boewekrasie
pwasa
p-woord
QCTO
QR
que sera sera
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
Raspoetin
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie