Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

rassisme s.nw. [geen meervoud]

individuele rassisme Ook burgerlike rassisme of houdingsrassisme
rassisme wat ervaar word wanneer iemand in die burgerlike samelewing op grond van velkleur teen 'n ander individu diskrimineer: Voorbeelde van burgerlike rassisme is in sowel die Afrikaanse gemeenskap as die breër Suid-Afrikaanse samelewing te vinde (Johann Rossouw, Volksblad, 15 November 2000). ’n Owerheid kan nie verwag dat burgerlike rassisme geesdriftig en daadwerklik gepak sal word as sy leiers en woordvoerders, na gelang van die gehoor en die geleentheid, beurtelings rasse-olie op die vuur gooi en dan weer mooi broodjies bak nie (Die Burger, 24 November 2000).
ENGELS: individual racism


institusionele rassisme Ook strukturele rassisme of sistemiese rassisme
rassisme wat uit instellings van die samelewing spruit, byvoorbeeld uitsluiting, diskriminasie of agteruitgang wat in die arbeidsmark, huismark, onderwysstelsel, regstelsel of gesondheidsdienste ervaar word: Die term “institusionele rassisme” is 50 jaar gelede deur die Amerikaanse aktivis Stokeley Carmichael bekend gemaak en is in die jare sestig gebruik in die veldtog van swartbewussynsgroepe om na sakeondernemings en organisasies te verwys wat hervorming sou teenstaan (Die Burger, 7 Januarie 2012). Sir William [Macpherson, 1999] sê in sy verslag institusionele rassisme is “die kollektiewe mislukking van ’n organisasie om ’n geskikte en professionele diens te lewer aan mense weens hul kleur, kultuur of etniese oorsprong. Dit kan gesien of nagespoor word in prosesse, houdings en gedrag wat neerkom op diskriminasie deur onbewuste vooroordeel, onkunde, onbesonnenheid en rassistiese stereotipering wat etniese minderhede benadeel” (Die Burger, 7 Januarie 2012). Die versuim om dié soort aanranding van wit op swart te veroordeel en straf [word] in die VSA as “institusionele rassisme” beskryf (Willem Pretorius, Die Burger, 12 Januarie 2012). Institusionele rassisme (en marginalisering) kom voor wanneer die masjinerie van die staat deur een rassegroep ingespan word om teen 'n ander rassegroep te diskrimineer (Johann Rossouw, Volksblad, 15 November 2000). Die omvang en impak van institusionele rassisme [is] altyd baie groter as dié van burgerlike rassisme: die skade wat die staat aan 'n groep kan aanrig, kan eenvoudig nie vergelyk word met die skade wat individue van groepe mekaar kan aandoen nie (Johann Rossouw, Volksblad, 15 November 2000). Wat […] baie min aandag kry, is die feit dat wit en swart mense die slagoffers van strukturele rassisme is (Die Burger, 24 Junie 2003). Kan ons eerlik sê dat ons wonderbaarlik van sistemiese rassisme, seksisme en ander vorme van diskriminasie ontslae geraak het weens die feit dat Suid-Afrika ’n liberale grondwet het? (Philip de Bruin, Beeld, 18 Augustus 2006).
ENGELS: institutional racism | systemic racism


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther