Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
rasieleier s.nw. | rasieleiers | (figuurlik) vurige ondersteuner wat die lof van iemand of iets besing: › Dit lyk of diegene wat besef dat hulle die risiko loop om weens liggelowigheid bespot te word [...] ’n vars rasieleier vir Christelik-gebaseerde konserwatiewe deugde gevind het (Bertus van Niekerk, Vrye Weekblad, 15 Desember 2023). › Boonop is Alonso amper soos ’n rasieleier vir [...] sy veel jonger spanmaat. Alonso gee raad, praat moed in, komplimenteer en vele meer (Hanri Wondergem, Netwerk24, 20 Mei 2023). › In M. het die ANC nou ’n rasieleier soos min, maar ons weet teen dié tyd al van bek en van binnegoed (Johanna van Eeden, Beeld, 24 Desember 2022).
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
Raspoetin
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET