Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
omikron s.nw. | omikrons |
1 [die letter o, O] vyftiende letter van die Griekse alfabet.
2
Ook omikronvariant of (nie-erkende skryfwyse in Afrikaans, maar in die media algemeen met ’n hoofletter) Omikron
variant van die koronavirus EARS-CoV-2 wat in November 2021 in Suid-Afrika geïdentifiseer is: › Nou is nog ’n nuwe variant van die virus geïdentifiseer – B.1.1.529, wat [...] deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as ’n kommerwekkende variant bestempel is en die Griekse naam Omikron gekry het (Netwerk24, 30 November 2021). › Benewens Alpha en Omikron is Gamma, wat in Brasilië; geïdentifiseer is, en Delta, wat in Indië geïdentifiseer is, ook kommerwekkende variante (Liezel de Lange, Rapport, 5 Desember 2021). › ’n Blitspeiling deur Kaapstad Toerisme onder sy lede skets ’n somber prentjie oor die uitwerking wat die kansellasies op die reis- en toerismebedryf gaan hê nadat die Omikron-variant paniek in die wêreld begin saai het (Netwerk24, 30 November 2021).
oorsprong:
Grieks o mikron klein (“mikro”-)o
KYK OOK: EARS-CoV-2, covid-19
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
oligargiseer
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier