Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ontlaer ww. | het ontlaer | (figuurlik) wegbeweeg van of wegbreek uit ’n omgewing of klimaat waarbinne bep. lewensfilosofie of lewenswyse, soos op taal-, kulturele, godsdienstige of politieke gebied, gehandhaaf word as ’n verskansing teen (vermeende) bedreigings van buite: › As die Afrikaanse letterkunde nie ontlaer nie, kan sy nie – nee, durf sy nie – voortlewe nie, seg die beriggewer (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020).
afleiding(s):
ontlaering: › Elders berig iemand oor ’n konferensie waar die ontlaering van Afrikaans deurdink is (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020).
ontlaering
Die woord ontlaering is bedink na aanleiding van die historíese konsep van die ossewalaer, en die metaforiese gebruik van hierdie konsep wanneer daar (in die sogenaamde “volksmond”) gepraat word van “Afrikaners” wat neig om laer te trek – wit Afrikaanssprekendes wat saam skaar en buitestanders vermy. Wanneer ons praat van die “ontlaering” van die Afrikaanse akademie, is die voorveronderstelling dat daar (soos in baie ander vakgebiede) ’n geneigdheid tot uitsluiting en verkalking is. Een manier om die term te interpreteer is dat dit impliseer dat die literêre hekwagters die laer-formasie behou om dit wat binne is te beskerm teen dit wat buite is. Azille Coetzee beskryf hierdie poging tot behouding in haar verslag oor die 2020 Ontlaeringkollokwium as ’n “[s]trewe na tydlose suiwerheid, gekenmerk deur vrees vir dit wat vreemd is, melankolie oor alles wat altyd reeds anders is”.
Mathilda Smit, Bibi Burger, Janien Linde, “Transnasionale ontlaering”, Tydskrif vir Letterkunde, 2022
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer