Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
thuma mina woordgroep [Zulu: stuur my] [dikwels met hoofletters] slagspreuk gebruik deur Cyril Ramaphosa, president van Suid-Afrika (2018–), om Suid-Afrikaners aan te moedig om probleme in die land te help oplos: › 'n Nuwe daeraad, vernuwing, huisskoonmaak en ekonomiese groei was Ramaphosa se beloftes en thuma mina sy oproep (Max du Preez, Vrye Weekblad, 30 Mei 2019). › Selfs nou, val hulle in by Thuma Mina, en vra om gestuur te word (Gustav Claassen, Rapport, 6 April 2019). › Die SAID doen weer ’n beroep op mense wat inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, aksyns of enige ander geld verskuldig is, om dit teen 29 Maart te betaal “in die gees van Thuma Mina” (Hanlie Stadler, Netwerk24, 24 Maart 2019).
◌ ENGELS: thuma mina
oorsprong:
Na ’n gewilde lied van die jazzmusikant Hugh Masikela, ’n variasie op ’n bekende Zulupsalm.
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies