Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
tilaka s.nw. | tilakas | (Hindi) Ook (informeel) tika of tilak of (Pandjabi) bindi | bindi’s | of (Tamil) pottu | pottu’s | of (Telugu) bottu | bottu’s |
1 kolletjie/merkie, tradisioneel met sandelhoutpasta gemaak, maar deesdae ook met ander kleurmiddels of selfs geplak, op die voorkop van ’n volgeling van die Vishnuïsme/Wisjnoeïsme, een van vier groot tradisies in die Hindoeïsme: › Die prins het ook by die park ’n tika tussen sy oë gekry (Netwerk24, 22 Maart 2016). › Met ’n bindi op haar voorkop het die hertogin plat op die vloer gesit tydens ’n kunsklas (Netwerk24, 12 April 2016). › Die riglyne laat wel die bottu of tilak, oftewel die rooi of oranje kolletjie op die voorkop van Hindoe-vroue, toe – mits dit nie meer as 6 mm in deursnit is nie. Die rooi kolletjie simboliseer ’n getroude vrou se verbintenis tot haar man (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019).
2 lang vertikale merk wat strek van net onder die haarlyn tot byna die punt van die neus.
◌ ENGELS: tilaka | bindi
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2