Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
toek-toek s.nw. | toek-toeks | driewielvoertuig, gewoonlik met ’n tweeslagenjin, wat as openbare vervoermiddel en veral as taxi gebruik word, veral in Asië, maar ook in Afrika: › […] terwyl ons die middestad tussen die straatverkopers, toek-toeks en die brommende swart viertrekvoertuie van Tanzanië se elite deurkruis (Liesl Louw-Vaudran, Netwerk24, 23 Januarie 2020). › Hoewel die Pakse-roete – in die suide van die land, naby die Thaise grens – tradisioneel ’n multidag-motorfietsroete is wat rugsakreisigers graag aanpak, kan jy ook ’n motor huur, of dit aanpak vanaf die agtersitplek van ’n toek-toek (Netwerk24, 21 September 2019). › Toe ek klaar is, stop ’n outydse tweeslag-toek-toek, swart met ’n geel dak, voor die huis en laai die jong vrou op (Harry Kalmer, In ’n land sonder voëls, 2019).
◌ ENGELS: tuk-tuk
oorsprong:
Na die geluid wat dit maak.
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegatidee
toekap
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie