Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vark s.nw. | varke |
UITDRUKKING(S):
♦ die vark in die verhaal die persoon wat (ten regte of ten onregte) ongewild is of die skuld vir iets kry: › Soms wil iemand hê dat die ander persoon die verhouding moet beëindig sodat hy of sy nie soos die vark in die verhaal lyk nie (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022). › Dit is tog vreemd dat iemand wat oor ’n hond kla in die meeste gevalle die vark in die verhaal word. Ek glo daar is honde-eienaars wat nie intellektueel opgewasse is om ’n hond te kan aanhou nie (Die Burger, 24 September 2022). › China het skielik die vark in die verhaal van die trae wêreldekonomie geword (Huisgenoot, 28 Januarie 2016).
◌ ENGELS: the pig in the tale
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming