Bygewerk op 9 Mei 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 475

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

voerfonds s.nw. | voerfondse | (ekonomie)Ook voerderfonds | voerderfondse | fonds of portefeulje wat, afgesien van bates in likiede vorm, belê in ’n enkele portefeulje van ’n kollektiewe beleggingskema wat sy eie koste hef: In die geval van ’n regstreekse belang in ’n buitelandse fonds word die wins teen die lokomarkkoers na rand omgeskakel en dienooreenkomstig belas, terwyl die geldeenheid se verandering in berekening gebring word wanneer die kapitaalwins in ’n randgedenomineerde Suid-Afrikaanse voerfonds bereken word. Dit beteken dat as die rand verswak, dit belastingdoeltreffender is as jy regstreeks in ’n buitelandse effektetrust belê het, terwyl jy minder belasting in ’n randgedenomineerde voerfonds sal betaal as dit versterk (Finweek, 12 April 2018). Met ’n belegging in randgedenomineerde beleggingsopsies of ander voerfondse is jou belegging en valutablootstelling buitelands, maar jy belê in rand en kry betalings in rand, met ander woorde jou geld verlaat Suid-Afrika nie fisiek nie, maar jou kapitaal beskik oor al die voordele van buitelandse belegging, insluitende kapitalisering op depresiasie van die rand, as dit wel plaasvind (Finweek, 9 Junie 2016). Beleggings in voerfondse is basies soos om in effektetrusts te belê. Jy teken ’n debietorder vir ’n paar honderd per maand, maar jy kry oorsese blootstelling [...] Hoewel dit maklik is vir beleggers om in voerfondse te belê, kan dit ook riskant wees omdat die opbrengs wat in rand uitgedruk word, gekoppel is aan die rand se bewegings (Liesl Peyper, Rapport, 2020). Baie beleggers hou van randgedenomineerde voerfondse weens die persepsie dat dit ingewikkeld is om om belasting- en Reserwebankklaring aansoek te doen ten einde regstreeks in die buiteland te belê (Amanda Visser, Finweek, 2019). Hierdie nuwe beursverhandelde fonds (EFT) is ’n voerderfonds (Simon Brown, Finweek, 16 Julie 2020).ENGELS: feeder fund

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther