Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

vervalsing s.nw. | vervalsings |

diep naakvervalsing Ook (soms) diepnaakvervalsing beeld wat deur middel van kunsmatige intelligensie geskep is om iemand naak voor te stel: ’n Ander tipe Kl-gebaseerde risiko wat nou na vore kom, is diepnaakvervalsings. Talle apps is beskikbaar waarop enige persoon se foto gelaai kan word, en die app gebruik dan Kl-tegnieke om ’n ander beeld te skep waar die persoon totaal naak is. Die indruk word dus geskep dat ’n werklike naakfoto van die persoon geneem is (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024).


diep stemvervalsing Ook (soms) diepstemvervalsing oortuigende vervalsing van iemand se stem met behulp van kunsmatige intelligensie: Met diepstemvervalsings het die aanvaller slegs ’n paar sekondes nodig van ’n teikenpersoon se stem om ’n toespraak of praatjie te skep wat volledig in die teikenpersoon se stem gelewer word. lemand wat bekend is met die teikenpersoon se stem, sal dan verkeerdelik aanvaar dat die boodskap van die teikenpersoon afkomstig is (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024). Dis nie moeilik om die gevolge van sodanige diepstemvervalsing in ’n verkiesingsjaar te verstaan nie (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024).


diep vervalsing Ook (soms) diepvervalsing
1
[geen meervoud] (metodes en tegnieke vir) die saamstel van vervalste menslike beelde, asook stemme, met behulp van kunsmatige intelligensie, soos deur foto’s of video’s oor mekaar te plaas of met mekaar te kombineer om iemand se gesig met die lyf van ’n ander te laat saamsmelt: Diepvervalsing behels die gebruik van KI om gesigte te verruil (face-swapping) en beteken dat ’n bekende persoon se gesig op iemand anders se lyf geplaas kan word wat iets binne ’n ander konteks doen (Burgert A Senekal, LitNet, 31 Maart 2022). Die gevaar met diepvervalsing is voor die hand liggend: Beskuldigings kan gemaak word met behulp van foto- en videomateriaal dat politici dinge gesê en gedoen het wat hulle nie het nie; mense se reputasie kan geskend word wanneer “hulle” in pornografiese kontekste uitgebeeld word, ens. (Burgert A Senekal, LitNet, 31 Maart 2022).

2
| diep vervalsings | diep vervalste beeld(e) of video(’s), asook klank: Omdat hierdie tegnologie so ’n groot bedreiging is, is heelwat navorsing reeds daaraan gewy om diepvervalsing met behulp van KI te identifiseer (Burgert A Senekal, LitNet, 31 Maart 2022). In "deepfake video’s" word iemand se gesig gedokter om die gesig van iemand anders te vertoon. Dit word geskep deur tradisionele visuele effekte soos rekenaargegenereerde beelde te kombineer (Huisgenoot, 11 Julie 2022). KI word reeds op baie maniere verdedigend gebruik [...] Hierdie tegnologie kan egter ook gebruik word om deepfakes – oortuigende, vervalste beelde, klanke en video’s – te skep (Werner Wippenaar, Netwerk24, 14 Februarie 2023).ENGELS: deepfake


diep videovervalsing Ook (soms) diepvideovervalsing virtuele beeld wat ’n teikenpersoon se liggaam, houding en unieke trekke naboots: Kubermisdadigers kan diepstem- en videovervalsings gebruik om byvoorbeeld ’n slenteradvertensie te skep waarin ’n “bekende persoonlikheid” die een of ander produk adverteer, of selfs iemand beledig (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024).


samestelling(s):
diepvervalsingstegnologie: Deepfake-tegnologie kan binne sosiale-ingenieurswese-swendelary gebruik word, met klank wat mense flous om te glo dat vertroude mense iets gesê het wat hulle nie gesê het nie (Werner Wippenaar, Netwerk24, 14 Februarie 2023).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther