Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
umakoti s.nw. | umakoti’s | (Zoeloe) Ook makoti of makothi
bruid; pasgetroude vrou; (nuwe) skoondogter: › Die pasgetroude egpaar het by Desmond se ouers gewoon [...] As ’n nuwe umakoti is daar van Leah verwag om haar skoonfamilie te beïndruk met hoe ’n goeie vrou sy vir hulle seun is (Nadine Dreyer, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2022). › Ons wil nie verandering opdwing, oor kultuur baklei of gebruike veroordeel nie, maar vroue bewus maak van hul regte en hulle leer om objektief te kyk na instellings wat hulle benadeel [...] Onder dié instellings, wat sommige jong vroue so lank moontlik probeer ontglip, is die rol wat die “umakoti” (nuwe bruid) speel in die uitgebreide familie (Die Burger, 12 April 2000).
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland