Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
katvis s.nw. | katvisse |
1 (viskunde) enigeen van ’n groot groep see- en varswatervisspesies van die orde Siluriformes, waarvan voeldrade aan weerskante van die bo- en soms ook onderkaak aan die snorbaard van ’n kat laat dink.
2 (internet) iemand wat hom/haar op ’n sosiale netwerk as iemand anders voordoen met die doel om (’n) ander te mislei of uit te tart: › Erla-Mari waarsku vroue veral teen katvisse, swendelaars en die risiko van aanranding. Katvisse gee voor om iemand te wees wat hulle nie is nie, verduidelik sy. “Die persoon teer op jou aandag en sal ontmoetings ten alle koste vermy. Ek het een keer met ’n besonder aantreklike man gesels en toe’s hy ’n katvis. Toe hy uiteindelik onder sy rots uitklim om my te ontmoet […] het hy tranerig gebieg dat ek hom nooit sou ontmoet het as hy vir my sy regte foto gewys het nie (Johanna van Eeden, Erla-Mari Diedericks, Netwerk24, 13 Oktober 2019).
◌ SINONIEM(E): sosialemedia(-)swendelaar
◌ ENGELS: catfish
oorsprong:
Van ’n dokumentêre program, Catfish (2010), en ’n mite oor hoe katvisse in ’n tenk lewende kabeljoue die kabeljou waaksaam en aktief hou.
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San