Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kebab s.nw. | kebabs | (Turks, kookkuns) soort Midde-Oosterse sosatie: › Orals in die Midde-Ooste en Noord-Afrika is kebabs ’n gewilde straathappie of vinnige ete om aanmekaar te slaan. Kebabs is in Persië die eerste keer genuttig, so sê hulle (Ilse Zietsman, Netwerk24, 4 Julie 2018).
◌ ENGELS: kebab
› döner kebab ◌ Ook doner kebab, draaikebab ◌ gereg van gekruide skaap- of ander vleis, in lae, afgewissel met vet, om ’n vertikale roosterspit gebraai en met ’n spesiale mes in plakkies gesny om by slaai te voeg en/of broodjies te vul: › Dié Londense straatkos, die Turkse doner kebab, is hul gunsteling, maar peperduur (Carmen Niehaus, Huisgenoot, 21 Februarie 2020). › Straatkos behels enigiets van oordadig gevulde aartappels tot schwarmas (die Turke noem dit doner kebab) en frikkadelle (köfte) en filodeeg-pasteie (Terésa Coetzee, Netwerk24, 6 Julie 2019).
oorsprong:
Turks döner draaiend(e)
› sjisj-kebab ◌ Ook shish-kebab, priemkebab ◌ groot blokke skaap- of ander vleis wat (soms saam met groente) aan groot metaalpenne geryg en oor ’n oop vuur of kole gebraai word.
KYK OOK: sjasjlik
oorsprong:
Turks sjisj vleispen, kebabstok
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie