Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kersieplukker s.nw. | kersieplukkers | (via Engels)
1 (vrugteplukker) persoon wie se werk dit is om kersies te pluk: › Nog net ’n paar weke dan is dit tyd vir die kersieplukkers om te begin kom (Lynn Austin, Die vreemdeling, 2014).
2 (landbou, ens.) klein hidrouliese hyskraan met aan die punt ’n bak of staanplatform wat met tralies beveilig is vir die oplig van mense om byvoorbeeld aan oorhoofse drade te werk of vrugte van bome te pluk: › Namate jy van links na regs beweeg, kan jy die ontwikkeling van boerderybedrywighede van die dae van trekperde en houtlere in die boorde tot die huidige era van vierwielmotorfietse en gemeganiseerde kersieplukkers volg (Sean Christie, Landbouweekblad, 19 Junie 2015). › Nou die dag het een van hulle sy kersieplukker aangelos en badkamer toe gegaan. Toe hy terugkom, kon hy nie onthou in watter ry hy was nie. Hy het toe ’n ander kersieplukker aangeskakel en aangegaan met sy werk, terwyl die oorspronklike masjien in ’n ander deel van die boord staan en luier het! (Sean Christie, Landbouweekblad, 19 Junie 2015). › Daar was geen ander raad as dat ek in die kersieplukker se bak klim nie. Weet jy hoe diep is daardie bak? As ek daarin staan, vat dit my tot onder my arms (Herman Smith, Zoutspansberger, 29 Mei 2015). › Nooddienste het ’n kersieplukker gebruik om ondersoek in te stel na die Apolloteater in Shaftesburylaan se dak nadat dit inmekaargeval het (Netwerk24, 20 Desember 2013).
◌ SINONIEM(E): kraaines
3 (figuurlik) persoon wat uit dit wat beskikbaar is, vir hom/haar net die beste/voordeligste uitsoek; kieskeurige.
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie