Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Khoekhoegowab [uitspraak: kwê-kwê-goe-ab] s.nw. [geen meervoud] (taalnaam) een van meer as 30 tale en dialekte gepraat deur Khoi- en San-stamme, oorspronklik veral in Namakwaland en in die suide van Namibië: › Dié taal Khoekhoegowab [word] tans deur sowat 200 000 Khoi-San in Suid-Afrika, Namibië, Angola en Botswana gepraat. Dis onseker hoe oud dit is, maar op grond van rotstekeninge is dit waarskynlik duisende jare oud en op gelyke voet met byvoorbeeld Chinees, wat dateer uit die jaar 1250 voor die gemeenskaplike era, en Grieks, wat dateer van 1450 tot 1350 voor die gemeenskaplike era (Bradley van Sittert, Vrye Weekblad, 2). › Hulle sê Afrikaans is hul moedertaal, maar beskou Khoekhoegowab as hul “vadertaal” (Ria Olivier, Rapport, 10 Junie 2018). › En toe, Donderdagaand, verwelkom ek die president in Khoekhoegowab en sê: “Hierdie is die taal van die oermens. Dis die taal van ons voorouers. My taal. My moedertaal” (Bradley van Sitters, Netwerk24, 22 Junie 2019).
◌ SINONIEM(E): Nama
Afrikaans as lingua franca in Namibië, ca. 1800-1920
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap