Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

coronavirus s.nw. | coronavirusse | [afkorting CoV] (patologie, geneeskunde)Ook koronavirus soort algemene virus met verskillende stamme wat by mense infeksies veroorsaak wat meestal nie ernstig is nie, maar wat by sommige soorte gevaarlik kan wees, met simptome soos koors, hoes, kortasemheid, buikpyn, diarree, verlies van reuk en smaak, en algemene moegheid: Vyf dinge wat jy van die coronavirus moet weet (Annelene Oberholzer, Huisgenoot, 24 Januarie 2020). Die 61-jarige man is dood weens ’n nuwe coronavirus wat al by 41 mense gediagnoseer is (Die Burger, 13 Januarie 2020). Die Universiteit van Hongkong het eergister die VSA se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming se bevinding bevestig dat die sogenaamde coronavirus die sindroom veroorsaak. (Die Burger, 31 Maart 2003).ENGELS: coronavirus

oorsprong:
Van Latyn corona en Grieks korṓnē, kroon, (strale)krans.


KYK OOK: koronavirus


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther