Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

CRISPR afk. [Engelse verkorting van clustered regularly interspaced short palindromic repeats] (mikrobiologie)Ook crispr, (Engels) Crispr kort segment van herhaalde kodes in die DNS wat deur ’n bakterie as verdedigingsmeganisme gebruik word om ’n aanval deur ’n nuwe virus te herken en te beveg: Amptelik verwerp wetenskaplikes die gebruik van CRISPR om gene te manipuleer om gesonde mense te “verbeter”, maar dit gaan nie almal keer om te probeer nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 19 Februarie 2021). Jennifer Doudna het pas die Nobelprys vir Chemie gewen. Haar baanbrekerswerk met die ontdekking van Crispr, die genetiese redigeringsinstrument, het reeds ’n omwenteling in die behandeling van siektes teweeggebring. Maar beteken dié nuwe wêreld ’n generasie van ontwerper-superbabas? (Huisgenoot, 4 Desember 2020).

CRISPR-Cas9 tegniek om die genoom (= die volledige genetiese samestelling) van ’n organisme te redigeer, in 2012 ontwikkel deur Jennifer Doudna van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, en Emmanuelle Charpentier van die Max Planck-instituut vir Infeksiebiologie: CRISPR-Cas9 kom in die natuur voor waar bakterieë dit gebruik om hulle teen virusse te beskerm (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 5 Julie 2019). CRISPR-Cas9 werk soos ’n molekulêre skêr met ’n gidshond, wat ontleen is aan ’n natuurlike meganisme. Dit bestaan uit twee belangrike molekules wat ’n verandering (mutasie) aan die DNS aanbring. Die eerste is ’n ensiem (proteïen) genaamd Cas9. Dit is die molekulêre skêr wat die DNS kan knip op ’n spesifieke plek op die genoom sodat dele van die DNS bygevoeg of verwyder kan word. Die tweede is ’n stukkie RNS. (Die hoofrol van RNS is om as boodskapper op te tree en die instruksies aan die DNS oor te dra) [...] Dit verseker die Cas9 – die genetiese skêr – sny op die regte plek (Elsabé Brits, Netwerk24, 30 Oktober 2019).


CRISPR-geenredigering die gebruik van CRISPR’s om geneties oordraagbare siektes te behandel of plante te modifiseer, maar met die moontlikheid dat dit ook op diere en mense toegepas kan word.

KYK OOK: geenredigering


samestellings:
CRISPR-tegnologie: Met Crispr-tegnologie kan die spesifieke geen vir glifosaatverdraagsaamheid met die presisie van ’n skerpskutter binne die mielie-DNS geïnkorporeer word. Nie net kan spesifieke stukkies DNS tussen organismes oorgeplaas word nie, maar Crispr kan ook gebruik word om gedeeltes van ’n organisme se eie DNS uit te sny (te deaktiveer) (Jan C Greyling, Landbouweekblad, 21 Mei 2021).


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther