Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Let wel
dala ww. | het gedala | (lekties)
1 doen: › Ons kan nie wag vir die regering om in te spring nie. Om weer ’n Kaapse uitdrukking te gebruik: Ons moet self dala. Dit beteken ons moet self inspring en doen wat gedoen moet word (Bettina Wyngaard, DF Malherbe-gedenklesing, LitNet, 22 Mei 2018). › “Boss wiet mos daai Frans is missing in action, maar ek gaan een ding met hom dala as hy sy voete hie sit my Larney,” sê Gevaarlik (Murphy Roberts, Verlore ster, WeskusNuus, 12 November 2019).
› dala wat jy moet doen die regte ding: › Ek wil vir kinders en mense wys dat jy die meeste van die tyd dinge vir jouself moet doen omdat niemand dit vir jou gaan doen nie. Met Dala (doen) Wat Jy Moet wil ek sê: Neem jou toekoms in jou eie hande (Irshaad Ally, Huisgenoot, 14 Junie 2018).
2 tyd deurbring (met iets); vertoef: › Die waarheid groei nie in net my of jou gedagtes ie, it groei daa waa ôs saam dala oppie mirrelgrond (Jeremy Veary, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 2020).
3 baklei, veg: › Hy dala nou soos ’n wille dier, hy kan nie nou deur ’n skelm moegoe wit bene gemaak word nie (Abraham Phillips, Die hart van ’n ma, 2013). › ’n Outjie wat sê hy is ’n 28, vertel: “Ons kannie ons broers laat piemp nie. Toe up ons en dala die ding sommer daar waar die kamp van holland is!” (Son, 15 Februarie 2018).
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
databondel
datadroogte
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind