Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kalipso s.nw. [gewoonlik enkelvoud] soort dansmusiek van die Karibiese Eilande, veral van Trinidad: › ’n mengsel van jazz en kalipso › In die Griekse mitologie was Kalipso ’n seenimf wat op ’n eiland, Ogugia, gebly het. Haar volle naam in die Grieks kan lossies vertaal word as “bedekking van kennis”. Interessant genoeg het die naam van die Karibiese musiekgenre kalipso in sy oorsprong niks met hierdie Griekse kalyptos [wat “bedekte” beteken] te doen nie (Gerhard van Huyssteen, Netwerk24, 10 Junie 2016).
◌ ENGELS: calypso
samestelling(s):
kalipso-klanke
kalipso-sanger
afleiding(s):
kalipsorig: › Hy groei as musikant en komponis. Met hul derde album [...] dra hy die kalipsorige liedjie “Misfire” by (Kerneels Breytenbach, Vrye Weekblad, 2 September 2022).
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie