Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
kennisekonomie s.nw. [gewoonlik enkelvoud] ekonomiese groei wat spruit uit die toepassing van nuwe kennis, wat tot innovering, nuwe dienste en produkte lei: › Onderrig in diversiteit is ’n goeie ding, deesdae in die groeiende digitale kennisekonomie meer as ooit (Hans Pienaar, Vrye Weekblad, 3 Augustus 2022). › Deurlopende selfondersoek, skerp waarnemings, om mense te dien en dialoog is kritieke aspekte om ’n land op die trajek te plaas na ’n kennisekonomie en volhoubare ontwikkeling (Netwerk24, 2 Augustus 2022). › Arabiese regerings weet dat hulle nog hoër werkloosheid sal beleef as hul werkmag nie in Arabies gereed is vir ’n kennisekonomie nie (Heinrich Matthee, Netwerk24, 21 Julie 2021). › ◌ ENGELS: knowledge economy
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kinoa
kintsoegi