Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kaantie tussenwerpsel, voegw. (via Nguni, lekties)
Ook kantie
(nee) kyk; (maar) kyk; (nou) rêrig; intussen …; werklikwaar; so waar as wragtig; (jou) wrintie; as ’n mens dit goed/behoorlik nagaan: › Soe kaantie, wies djy? In die Elsiesrivier van my wording is hierdie vraag soms gestel wanneer iemand nuut tot die geledere probeer voorgee wat hy nie is nie, of opsetlik vaag oor sy agtergrond is (Jeremy Vearey, Netwerk24, 23 Augustus 2016). › Ôs kap bankvas en moer die goed want kaantie wies hulle om ôs land somma soe te vat en ôs beeste te steel (Jeremy Vearey, Vrye Weekblad, 5 April 2019). › Nou kaantie wies ôs nou? (Jeremy Vearey, Vrye Weekblad, 5 April 2019). › My tikkop-eks pes my kaantie en is ’n oorlas (Son, 21 November 2017). › Kaantie, ek stiekie yt om te haloep ie (Vannie Kaap, Facebook). › Kaantie, sy skuld nog geld oppie goed ok. (Vannie Kaap, Facebook, 3 Mei 2017).
◌ ENGELS: really | in fact | upon my word
oorsprong:
Zulu, Xhosa kanti
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso