Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
opsikleer
♦ ww. | het opgesikleer | hersikleer vir gebruik in die vorm van ’n produk van ’n hoër kwaliteit, wat meer werd is as die oorspronklike.
◌ TEENOOR: afsikleer
◌ ENGELS: upcycle
♦ b.nw. | opgesikleerde | wat opgesikleer is: › opgesikleerde glasbottels en plastieksakke › Figure 8a and 8b wys argitekte wat gewaag het om te eksperimenteer deur futuristiese, dog funksionele strukture uit opgesikleerde (hernude) materiaal te skep (Nasionale Senior Sertifikaat. Graad 12: Visuele Kunste. Vraestel 1, November 2018).
◌ ENGELS: upcycled
afleiding(s):
opsiklering: › Herwinningsentra samel materiaal en toerusting in wat voorheen gebruik is, maar steeds volkome bruikbaar is. Opsiklering beteken om ’n nuwe, meer waardevolle doel aan ’n item te gee (Nasienriglyne vir Nasionale Sertifikaat (beroepsgerig): Vraglogistiek NKR Vlak 3. 12 November 2019).
KYK OOK: hersikleer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oogspookasem
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana