Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
opeindig ww. eindig op | het opgeëindig | (via Engels) (toevallig) êrens beland: › Hierdie hand is gevind deur ’n bouer wat restourasiewerk gedoen het. Hy was gelukkig vertroud met die geskiedenis van afgekapte hande en het gesorg dat die hand in die museum opeindig (Heinz Mödler, Netwerk24, 21 April 2021). › Deshaan was agt jaar oud toe hy vir ses maande in ’n rolstoel opgeëindig het (Huisgenoot, 15 Januarie 2021). › Ek het baie gehou van verpleging, maar ek het toe nie daar opgeëindig nie en het toe maar onderwys gekies (Kuier, 6 Mei 2015). › Wees versigtig vir kruisbestuiwing – deur byvoorbeeld rissies en soetrissies naby mekaar te plant kan jy opeindig met baie branderige soetrissies (Die Burger, 27 Augustus 2005). › Ekspedisies is na die Amasone, Peru en Ecuador se reënwoude gestuur om wilde plantsoorte te gaan haal. Uiteindelik het dié plante opgeëindig by ’n navorsingstasie in Trinidad, op die Wes-Indiese Eilande (Beeld, 1 Maart 1994).
◌ ENGELS: end up
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oogspookasem
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel