Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

ontlaer ww. | het ontlaer | (figuurlik) wegbeweeg van of wegbreek uit ’n omgewing of klimaat waarbinne  bep. lewensfilosofie of lewenswyse, soos op taal-, kulturele, godsdienstige of politieke gebied, gehandhaaf word as ’n verskansing teen (vermeende) bedreigings van buite: As die Afrikaanse letterkunde nie ontlaer nie, kan sy nie – nee, durf sy nie – voortlewe nie, seg die beriggewer (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020).

afleiding(s):
ontlaering: Elders berig iemand oor ’n konferensie waar die ontlaering van Afrikaans deurdink is (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020).

ontlaering

Die woord ontlaering is bedink na aanleiding van die historíese konsep van die ossewalaer, en die metaforiese gebruik van hierdie konsep wanneer daar (in die sogenaamde “volksmond”) gepraat word van “Afrikaners” wat neig om laer te trek – wit Afrikaanssprekendes wat saam skaar en buitestanders vermy. Wanneer ons praat van die “ontlaering” van die Afrikaanse akademie, is die voorveronderstelling dat daar (soos in baie ander vakgebiede) ’n geneigdheid tot uitsluiting en verkalking is. Een manier om die term te interpreteer is dat dit impliseer dat die literêre hekwagters die laer-formasie behou om dit wat binne is te beskerm teen dit wat buite is. Azille Coetzee beskryf hierdie poging tot behouding in haar verslag oor die 2020 Ontlaeringkollokwium as ’n “[s]trewe na tydlose suiwerheid, gekenmerk deur vrees vir dit wat vreemd is, melankolie oor alles wat altyd reeds anders is”.

Mathilda Smit, Bibi Burger, Janien Linde, “Transnasionale ontlaering”, Tydskrif vir Letterkunde, 2022  

 Transnasionale ontlaering  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther