Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ontsmettingstonnel s.nw. | ontsmettingstonnels | struktuur soos ’n tonnel of gang, toegerus met spuit- of stuifkoppe wat oor mense wat daar deurstap, ’n ontsmettingsmiddel laat neersif as poging om die verspreiding van ’n virussiekte te bekamp: › Die Russiese premier het ’n ontsmettingstonnel by sy woning laat aanbring (RSG, 17 Junie 2020). › ’n Ontsmettingstonnel, maskers, gesigskerms en handreinigers kos baie geld en is nou deel van die maatskappy se uitgawes (Alet van der Walt, Netwerk24, 14 Mei 2020). › Kenners meen tegnologie soos ontsmettingstonnels is op die lange duur nie doeltreffend om die koronavirus dood te maak nie (Isabel Venter, Netwerk24, 13 Mei 2020). › ’n Ontsmettingstonnel is by die ingang van die taxistaanplek geplaas. Pendelaars wat deur die tonnel loop, word met ’n miswolk van ontsmettingsmiddels bespuit (Isabel Venter, Netwerk24, 12 Mei 2020).
◌ ENGELS: disinfection tunnel
olielap
olifant
oligargiseer
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=